2 Samuel 5:6 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En die koning en sy manne het na Jerusalem gegaan na die Jebusiete, die inwoners van die land, wat met Dawid gespreek en gesê het: As jy nie die blindes en die kreupeles wegneem nie, sal jy nie hier inkom nie.
Afrikaans (NLV) 2011 Dawid en sy persoonlike leër het teen Jerusalem opgeruk waar die Jebusiete gewoon het. “Jy sal nooit hier inkom nie,” tart die Jebusiete hom en sê: “Selfs die blindes en die lammes sal julle hier uit hou!” Hulle het gedink: “Dawid sal nooit hier kan inkom nie.”
Afrikaans 1933/1953 Toe die koning met sy manne na Jerusalem wegtrek teen die Jebusiete, die bewoners van die land, het hulle met Dawid gespreek en gesê: Jy sal hier nie inkom nie, maar die blindes en lammes sal jou verdrywe -- dit wil sê: Dawid sal hier nie inkom nie.
Afrikaans 1983 Die koning en sy manskappe het teen Jerusalem opgetrek. Die Jebusiete het hierdie gebied bewoon. Daar is aan Dawid gesê: “Hier sal jy nie inkom nie. Blindes en kreupeles sal jou hier uithou.” Ja, daar is beweer: “Dawid sal hier nie inkom nie!”
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Die koning en sy manne het na Jerusalem gegaan, na die Jebusiete wat in dié gebied gewoon het. Die Jebusiete het vir Dawid gesê: “Jy sal nie hier inkom nie! Selfs blindes en kreupeles sal jou afweer deur te sê, ‘Dawid sal hier nie inkom nie!’ ”
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Toe die koning en sy manne by Jerusalem gekom het, het die Jebusiete wat daar gewoon het, vir Dawid gesê: “Jy sal nie hier kan inkom nie. Mense wat swak is, sal jou kan keer, jy sal nie hier inkom nie, ja, mense wat nie kan sien nie en wat nie kan loop nie, sal jou keer.” Hulle het gedink Dawid sal nie in die stad kan inkom nie,
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Die koning het met sy manne na Jerusalem opgetrek om teen die Jebusiete, die mense van daardie gebied, te veg. Die Jebusiete het vir Dawid geskree: “Jy sal nooit in hierdie plek inkom nie! Ag man, die mense wat blind en kruppel is, sal sorg dat jy hier uitbly!” Só seker was hulle dat Dawid nie die plek sal kan inneem nie.