2 Samuel 5:3 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Toe het al die oudstes van Israel na die koning in Hebron gekom; en koning Dawid het 'n verbond met hulle gesluit in Hebron voor die aangesig van die HERE, en hulle het Dawid as koning oor Israel gesalf.
Afrikaans (NLV) 2011 Dawid het toe daar in Hebron voor die Here ’n ooreenkoms met die leiers van Israel gesluit, en hulle het hom as koning van Israel gesalf.
Afrikaans 1933/1953 So het dan al die oudstes van Israel na die koning in Hebron gekom; en koning Dawid het met hulle 'n verbond in Hebron gesluit voor die aangesig van die HERE, en hulle het Dawid as koning oor Israel gesalf.
Afrikaans 1983 So het al die leiers van Israel by die koning in Hebron gekom. Toe het koning Dawid in Hebron in teenwoordigheid van die Here 'n verdrag met hulle gesluit. Op hulle beurt het hulle vir Dawid daar tot koning oor Israel gesalf.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Toe al die oudstes van Israel na die koning in Hebron gekom het, het koning Dawid voor die Here 'n verbond met hulle gesluit in Hebron; en hulle het Dawid as koning gesalf oor Israel.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Al die leiers van Israel het na die koning toe gekom in Hebron. Koning Dawid het met hulle 'n ooreenkoms gemaak by die tempel in Hebron. Hulle het vir Dawid gesalf om koning te wees oor Israel.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) So het al die stamhoofde van Israel na die koning in Hebron gekom. Dawid het by die Here se altaar ’n ooreenkoms met hulle gesluit en hulle het hom koning gemaak oor Israel.