2 Samuel 5:25 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En Dawid het so gedoen soos die HERE hom beveel het; en die Filistyne van Geba verslaan totdat jy by Gaser gekom het. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Dawid het gedoen soos die Here beveel het. Hy het die Filistyne verslaan vanaf Geba tot by Geser. |
| Afrikaans 1933/1953 | En Dawid het gedoen net soos die HERE hom beveel het, en hy het die Filistyne verslaan van G¡beon af tot naby Geser. |
| Afrikaans 1983 | Dawid het gemaak soos die Here gesê het en die Filistyne van Geba af tot by die ingang na Geser verslaan. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Dawid het gemaak soos die Here hom beveel het, en hy het die Filistyne verslaan van Geba af tot by Geser. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Dawid het gedoen wat die Here gesê het, en hy het die Filistyne oorwin, van die stad Geba tot waar 'n mens by die stad Geser kom. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Dawid het alles gedoen net soos die Here vir hom gesê het. Hy het die Filistyne gejaag van Geba af tot waar ’n mens by Geser kom. |