2 Samuel 5:24 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En laat dit wees as jy die geluid van 'n stoot in die toppe van die moerbeibome hoor, dan moet jy jou vermaak; want dan sal die HERE voor jou uit uittrek om die leër van die Filistyne te verslaan. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Wanneer julle in die toppe van die bome ’n geruis hoor soos mense wat marsjeer, moet julle toeslaan. Dit is die teken dat die Here voor julle uit gaan om die Filistyne te tref.” |
| Afrikaans 1933/1953 | En as jy 'n geruis van voetstappe in die toppe van die balsembosse hoor, moet jy gou maak, want dan het die HERE voor jou uitgetrek om die leër van die Filistyne te verslaan. |
| Afrikaans 1983 | Wanneer jy 'n geritsel in die toppe van die melkbosse hoor, moet jy blitsvinnig aanval, want dan trek die Here voor jou uit om die kamp van die Filistyne te tref.” |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Sodra jy die geluid van 'n opmars in die toppe van die balsempopuliere hoor, moet jy toeslaan; want dan gaan die Here voor jou uit om die leër van die Filistyne te verslaan.” |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Jy sal in die boonste punte van die melkbosse iets hoor, jy sal dink jy hoor dat mense daar loop. Wanneer jy dit hoor, dan moet jy die Filistyne aanval, want dit is Ek wat voor jou gaan om die Filistyne te oorwin.” |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | As jy ’n geluid in die boomtoppe hoor wat soos voetstappe klink, moet jy vinnig aanval, want dan is Ek, die Here, voor jou om die soldate van die Filistyne te verslaan.” |