2 Samuel 5:23 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En toe Dawid die HERE raadpleeg, sê hy: Jy mag nie optrek nie; maar haal 'n kompas agter hulle en kom op hulle teen die moerbeibome. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Weereens raadpleeg Dawid die Here. “Moenie hulle van voor af aanval nie,” antwoord die Here. “Julle moet eerder óm hulle trek en hulle daar by die bome van agter af aanval. |
| Afrikaans 1933/1953 | Toe raadpleeg Dawid die HERE, en Hy sê: Jy moet nie optrek nie: trek agter hulle om en val hulle aan vlak voor die balsembosse. |
| Afrikaans 1983 | het Dawid die Here geraadpleeg. Die Here het gesê: “Moenie optrek nie. Draai na hulle agterhoede toe en val hulle aan regoor die melkbosse. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Toe Dawid die Here raadpleeg, het Hy gesê: “Moenie van voor teen hulle optrek nie; trek agter hulle om en val hulle aan voor die balsempopuliere. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | het Dawid vir die Here gevra wat hy moet doen. Die Here het gesê: “Jy moenie vir hulle van voor aanval nie, jy moet agter-om hulle gaan en jy moet hulle aanval by die melkbosse. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Dawid het weer vir die Here gevra wat hy moet doen. Die Here het vir hom gesê: “Moenie hulle van voor af aanval nie. Gaan óm hulle en val hulle daar by die melkbosse van agter af aan. |