2 Samuel 5:20 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En Dawid het in Baäl-Perasim gekom, en Dawid het hulle daar verslaan en gesê: Die HERE het voor my teen my vyande uitgebreek soos 'n waterbreuk. Daarom het hy daardie plek Baäl-Perasim genoem.
Afrikaans (NLV) 2011 Dawid het toe na Baäl-Perasim gegaan en die Filistyne daar verslaan. Toe roep Dawid uit: “Die Here het soos ’n verwoestende stroom water deur my vyande gebreek!” Daarom het Dawid die plek Baäl-Perasim (Grootkloof) genoem.
Afrikaans 1933/1953 Daarop het Dawid na Baäl-P,rasim gegaan, en Dawid het hulle daar verslaan en gesê: Die HERE het voor my heen deur my vyande gebreek soos water deurbreek; daarom het hy die plek Baäl-P,rasim genoem.
Afrikaans 1983 Dawid het toe deur 'n groot kloof getrek en hulle daar verslaan. Hy het gesê: “Die Here het my vyand voor my gekloof soos water 'n wal kloof.” Daarom het hy die plek Grootkloof genoem.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Dawid het in Baäl-Perasim aangekom en hulle daar verslaan. Dawid het gesê: “Die Here het deur my vyande voor my gebreek soos water deurbreek.” Daarom het hy daardie plek Baäl-Perasim genoem.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Dawid het na die stad Baäl-Perasim gegaan en hy het die Filistyne daar oorwin. Hy het gesê: “Die Here het my vyande oorwin en stukkend geslaan soos water alles stukkend breek.” Dit is hoekom hulle daardie plek Baäl-Perasim noem.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Dawid het toe na Baäl-Perasim gegaan en die Filistyne daar gewen. Hy het gesê: “Die Here het deur my vyande gebreek soos water deur ’n damwal breek.” Daarom het hy die plek Baäl-Perasim, “die Baas van die deurbrekers”, genoem.