2 Samuel 5:19 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En Dawid het die HERE geraadpleeg en gesê: Moet ek optrek na die Filistyne? sal U hulle in my hand gee? Toe sê die HERE vir Dawid: Trek op, want Ek sal sekerlik die Filistyne in jou hand gee. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Dawid raadpleeg toe die Here: “Moet ek teen die Filistyne optrek? Sal U hulle in my mag oorgee?” En die Here het geantwoord: “Ja, trek op. Ek sal verseker die oorwinning aan jou gee.” |
| Afrikaans 1933/1953 | Toe het Dawid die HERE geraadpleeg en gesê: Sal ek optrek teen die Filistyne? Sal U hulle in my hand gee? En die HERE het aan Dawid gesê: Trek op, want Ek sal die Filistyne verseker in jou hand gee. |
| Afrikaans 1983 | Dawid het die Here geraadpleeg en gevra: “Moet ek teen die Filistyne opruk? Sal U hulle in my mag oorgee?” Die Here het hom geantwoord: “Ja, trek op, want Ek gee hulle beslis aan jou oor.” |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Dawid het by die Here raad gesoek: “Moet ek teen die Filistyne optrek? Sal U hulle in my hand gee?” Die Here het vir Dawid gesê: “Trek op, want Ek sal beslis die Filistyne in jou hand gee.” |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Dawid het vir die Here gevra: “Moet ek die Filistyne gaan aanval? Sal U my laat wen teen hulle?” Die Here het vir Dawid gesê: “Ja, Ek sal jou laat wen teen die Filistyne, dit is seker.” |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Dawid het toe vir die Here gevra: “Moet ek teen die Filistyne gaan veg, en sal U my help om hulle te wen?” Die Here se antwoord was: “Ja, gaan veg teen hulle. Ek sal vir seker sorg dat jy hulle wen.” |