2 Samuel 5:17 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Maar toe die Filistyne hoor dat hulle Dawid as koning oor Israel gesalf het, het al die Filistyne opgetrek om Dawid te soek; en Dawid het dit gehoor en afgegaan na die bergvesting.
Afrikaans (NLV) 2011 Toe die Filistyne hoor dat Dawid as koning oor Israel gesalf is, het hulle almal opgetrek om hom te vang. Dawid het dit gehoor en afgegaan na ’n skuilplek toe.
Afrikaans 1933/1953 Toe die Filistyne hoor dat Dawid as koning oor Israel gesalf was, het al die Filistyne opgetrek om Dawid te soek, maar Dawid het dit gehoor en afgetrek na die bergvesting.
Afrikaans 1983 Toe die Filistyne verneem dat Dawid tot koning oor Israel gesalf is, het hulle almal teen hom opgetrek. Dawid het dit te hore gekom en op 'n strategiese plek gaan stelling inneem.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Toe die Filistyne hoor dat Dawid as koning oor Israel gesalf is, het al die Filistyne opgetrek om Dawid te soek; maar Dawid het daarvan te hore gekom en afgegaan na die bergvesting.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Die Filistyne het gehoor dat die leiers van Israel vir Dawid koning gemaak het, en al die Filistyne het vir Dawid kom soek. Dawid het dit gehoor en hy het na 'n plek in die berge gegaan waar 'n mens nie maklik kan kom nie.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Die Filistyne het gehoor dat Dawid koning geword het van Israel. Hulle het toe met al hulle soldate gekom om hom in die hande te kry. Maar Dawid het gehoor wat hulle plan was en hy het in die veilige plek in Jerusalem gebly.