2 Samuel 5:13 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En Dawid het vir hom nog byvroue en vroue uit Jerusalem geneem nadat hy van Hebron af gekom het, en vir Dawid was nog seuns en dogters gebore. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Nadat Dawid van Hebron af na Jerusalem toe verhuis het, het hy meer vroue en byvroue geneem. Daar is nog seuns en dogters vir hom gebore. |
| Afrikaans 1933/1953 | En Dawid het uit Jerusalem meer byvroue en vroue geneem, nadat hy uit Hebron gekom het; en vir Dawid is meer seuns en dogters gebore. |
| Afrikaans 1983 | Nadat Dawid uit Hebron verhuis het, het hy vir hom uit Jerusalem meer byvrouens en vrouens geneem. Daar is toe vir hom nog seuns en dogters gebore. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Dawid het nog byvroue en vroue uit Jerusalem geneem nadat hy uit Hebron daar aangekom het. Daar is toe vir Dawid nog seuns en dogters gebore. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Nadat Dawid uit Hebron gekom het, het hy met nog vroue en byvroue in Jerusalem getrou, en hulle het vir Dawid nog seuns en dogters gekry. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Nadat Dawid van Hebron af getrek het, het hy in Jerusalem met nog vroue getrou en ook nog meer haremvroue gekry. Hy het toe nog meer seuns en dogters gehad. |