2 Samuel 5:12 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En Dawid het bemerk dat die HERE hom as koning oor Israel aangestel het en dat hy sy koninkryk verhef het ter wille van sy volk Israel.
Afrikaans (NLV) 2011 Dawid het besef dat die Here hom as koning oor Israel bevestig het en sy koninkryk aansien gegee het ter wille van sy volk Israel.
Afrikaans 1933/1953 So het Dawid dan gewaar geword dat die HERE hom as koning oor Israel bevestig en sy koningskap verhef het ter wille van sy volk Israel.
Afrikaans 1983 Dawid het toe besef dat die Here hom as koning oor Israel bevestig het en dat die Here Dawid se koningskap in hoë aansien gebring het ter wille van die volk Israel.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Dawid het besef dat die Here hom as koning oor Israel gevestig het en dat die Here sy koningskap aansien gegee het ter wille van sy volk Israel.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Dawid het besef dat die Here vir hom koning oor Israel gemaak het. Hy het besef dat die Here lief is vir sy volk Israel en dat Hy daarom vir Dawid 'n belangrike koning laat word het.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Dawid het besef dat die Here hom koning gemaak het oor Israel en dat sy koninkryk belangrik geword het omdat die Here vir sy volk Israel omgee.