2 Samuel 5:11 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En Hiram, die koning van Tirus, het boodskappers na Dawid gestuur, en sederbome en skrynwerkers en messelaars, en hulle het vir Dawid 'n huis gebou.
Afrikaans (NLV) 2011 Koning Hiram van Tirus het boodskappers na Dawid toe gestuur. Hy het ook sederhout, skrynwerkers en messelaars gestuur om vir Dawid ’n paleis te bou.
Afrikaans 1933/1953 Toe stuur Hiram, die koning van Tirus, boodskappers na Dawid met sederhout en skrynwerkers en klipkappers, en hulle het vir Dawid 'n huis gebou.
Afrikaans 1983 Koning Hiram van Tirus het 'n afvaardiging na hom toe gestuur en ook sederhout en skrynwerkers en messelaars. Hulle het vir Dawid 'n paleis gebou.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Hiram, die koning van Tirus, het gesante na Dawid gestuur, asook sederhout, skrynwerkers en klipmesselaars. Hulle het vir Dawid 'n paleis gebou.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Koning Hiram van die stad Tirus het boodskappers na Dawid toe gestuur. Hy het ook sederhout gestuur en ambagsmanne wat met hout en klip kon werk, en hulle het vir Dawid 'n paleis gebou.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Hiram, die koning van Tirus, het belangrike mense gestuur om met Dawid ’n ooreenkoms te maak. Hy het daarna vir hom sederhout gestuur en mense wat met hout kan werk en met klip kan bou. Hulle het vir Dawid ’n paleis gebou.