2 Samuel 5:1 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Toe het al die stamme van Israel na Dawid in Hebron gekom en gespreek en gesê: Kyk, ons is jou been en jou vlees. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Toe het al die stamme van Israel na Dawid in Hebron gegaan en gesê: “Ons is tog almal bloedverwante. |
| Afrikaans 1933/1953 | Toe kom al die stamme van Israel na Dawid in Hebron, en hulle spreek en sê: Hier is ons, u been en u vlees is ons! |
| Afrikaans 1983 | Hierna het al die Israelitiese stamme na Dawid toe in Hebron gegaan en gesê: “Ons is tog almal u eie mense! |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Al die stamme van Israel het na Dawid in Hebron gekom en gesê: “Hier is ons – ons is u bloedfamilie. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Die leiers van al die stamme van Israel het na Dawid toe gekom in die stad Hebron en hulle het vir hom gesê: “Jy weet ons is jou mense. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Al die stamme van Israel se leiers het na Dawid in Hebron gekom. Hulle het vir hom gesê: “Ons is eintlik mos maar familie van u. |