2 Samuel 4:9 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En Dawid het Regab en sy broer Baäna, die seuns van Rimmon, die Beërotiet, geantwoord en vir hulle gesê: So waar as die HERE leef, wat my siel uit alle benoudheid verlos het!
Afrikaans (NLV) 2011 Maar Dawid sê vir Rekab en Baäna: “Ek maak ’n eed voor die Here wat my van al my vyande verlos het.
Afrikaans 1933/1953 Maar Dawid het R,gab en sy broer B ëna, die seuns van Rimmon, die Beërotiet, geantwoord en aan hulle gesê: So waar as die HERE leef wat my siel uit alle benoudheid verlos het,
Afrikaans 1983 Toe sê Dawid vir Rekab en sy broer Baäna, seuns van Rimmon die Beërotiet: “Ek verklaar voor die Here, my bevryder uit elke lewensgevaar:
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Dawid het Regab en sy broer Baäna, die seuns van Rimmon uit Beërot, geantwoord en vir hulle gesê: “So waar as die Here leef, Hy wat my lewe uit alle nood gered het –
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Dawid het die broers Rekab en Baäna, die seuns van Rimmon van die stad Beërot, geantwoord en hy het vir hulle gesê: “Luister, so seker soos die Here lewe wat my uit elke gevaar gered het,
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Maar Dawid het vir Rekab en Baäna, Rimmon van Beërot se twee seuns, gesê: “So waar as die Here leef, Hy wat my uit baie moeilikheid gehelp het: