2 Samuel 4:8 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En hulle het die hoof van Isbóset na Dawid in Hebron gebring en aan die koning gesê: Hier is die hoof van Isbóset, die seun van Saul, jou vyand wat jou lewe gesoek het; en die HERE het my heer die koning vandag gewreek aan Saul en sy nageslag. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Hulle het in Hebron aangekom en die kop vir Dawid aangebied. “Kyk!” sê hulle. “Hier is die kop van Is-Boset, die seun van u vyand Saul wat u wou doodmaak. Vandag het die Here wraak geneem oor Saul en sy hele familie!” |
| Afrikaans 1933/1953 | en die hoof van Isboset na Dawid in Hebron gebring en aan die koning gesê: Hier is die hoof van Isboset, die seun van Saul, u vyand wat u lewe gesoek het; maar die HERE het aan my heer die koning vandag wraak gegee op Saul en sy nageslag. |
| Afrikaans 1983 | en Is-Boset se kop na Dawid toe in Hebron gebring. Hulle het vir die koning gesê: “Hier is die kop van Is-Boset Saul se seun. Saul was u vyand en wou u doodmaak, maar vandag het die Here vir die koning wraak geneem oor Saul en sy nasate.” |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | en Is-Boset se kop vir Dawid in Hebron gebring. Hulle het vir die koning gesê: “Hier is die kop van Is-Boset, die seun van Saul, u vyand wat u lewe gesoek het. Die Here het op hierdie dag vir my heer die koning wraak geneem op Saul en sy nageslag.” |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | en hulle het Is-Boset se kop vir Dawid in Hebron gebring. Hulle het vir die koning gesê: “Hier is die kop van jou vyand Is-Boset seun van Saul wat jou wou doodmaak. Die Here het vandag vir Saul en sy nageslag gestraf oor wat hulle aan Meneer die koning gedoen het.” |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Hulle het Is-Boset se kop vir koning Dawid in Hebron gevat en vir hom gesê: “Hier is die kop van Is-Boset, die seun van Saul, daardie vyand van u wat probeer het om u dood te maak. Die Here het vandag vir U Majesteit wraak geneem op Saul en sy kinders.” |