2 Samuel 4:7 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Want toe hulle in die huis kom, het hy op sy bed in sy slaapkamer gelê, en hulle het hom geslaan en hom gedood en hom onthoof, en sy kop geneem en hulle die hele nag deur die vlakte getrek.
Afrikaans (NLV) 2011 Hulle het die huis binnegekom terwyl hy op sy bed in sy slaapkamer geslaap het en hom doodgesteek. Hulle het selfs sy kop afgekap, dit saamgeneem en deur die nag al met die Jordaanvallei langs gegaan.
Afrikaans 1933/1953 Hulle het naamlik die huis ingegaan, terwyl hy op sy bed in sy slaapkamer lê, en hom doodgeslaan en sy hoof afgekap; en hulle het sy hoof saamgeneem en die hele nag deur geloop met die pad van die Vlakte
Afrikaans 1983 Hulle het in die huis gekom en hom doodgesteek terwyl hy op sy bed in die slaapkamer aan die slaap was. Hulle het selfs sy kop afgekap en dit saamgevat. Die hele nag deur het hulle met die Jordaanvalleipad langs gestap
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) en die huis binnegegaan terwyl Is-Boset in sy slaapkamer op sy bed gelê het. Hulle het hom gesteek en doodgemaak, sy kop afgekap en dit saamgevat. Hulle het die hele nag met die pad van die Araba langs geloop
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Terwyl Is-Boset op sy bed in die slaapkamer gelê het, het hulle in die huis ingekom en hulle het hom doodgemaak. Hulle het sy kop afgesny en saamgeneem. Hulle het die hele nag op die pad deur die Jordaan-vallei geloop
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Toe hulle in die huis ingekom het, het Is-Boset nog op sy bed in die slaapkamer gelê. Daar het hulle hom doodgesteek en sy kop afgekap. Hulle het sy kop gevat en die hele nag al met die Jordaanvallei langs geloop.