2 Samuel 4:5 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En die seuns van Rimmon, die Beërotiet, Regab en Baäna, het gegaan en teen die hitte van die dag by die huis van Isboset gekom, wat op 'n bed gelê het op die middag. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Op ’n dag, op die warmte van die middag, het Baäna en Rekab, seuns van Rimmon, na die huis van Is-Boset toe gegaan terwyl hy ’n middagslapie geniet het. |
| Afrikaans 1933/1953 | En die seuns van Rimmon, die Beërotiet, R,gab en B ëna, het gegaan en by die huis van Isboset gekom op die warmste van die dag toe hy in sy middagslaap lê. |
| Afrikaans 1983 | Rekab en Baäna, seuns van Rimmon die Beërotiet, het op die warmte van die dag, terwyl Is-Boset besig was om sy middagslapie te geniet, by sy huis aangekom. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Regab en Baäna, die seuns van Rimmon uit Beërot, het geloop en op die hitte van die dag by Is-Boset se huis aangekom. Hy was juis besig om sy middagslapie te geniet. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Rekab en Baäna, die seuns van Rimmon van die stad Beërot, het op die warmste tyd van die dag in die huis van Is-Boset ingekom toe hy die middag geslaap het. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Rekab en Baäna, Rimmon van Beërot se twee seuns, het een middag na Is-Boset se huis gegaan. Dit was op die warmste tyd van die dag, en hy het ’n middagslapie geniet. |