2 Samuel 4:2 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En die seun van Saul het twee manne gehad wat owerstes van bendes was: die naam van die een was Baäna, en die naam van die ander Regab, die seuns van Rimmon, 'n Beërotiet, uit die kinders van Benjamin; want Beërot is ook by Benjamin gereken;
Afrikaans (NLV) 2011 Daar was twee broers, Baäna en Rekab, leiers van Is-Boset se rooftogbendes. Hulle was seuns van Rimmon, ’n Benjaminiet wat in Beërot gewoon het. Die dorp Beërot is deel van Benjamin se gebied
Afrikaans 1933/1953 En die seun van Saul het twee manne, owerstes van bendes, gehad: die naam van die een was B ëna en die naam van die ander R,gab, seuns van Rimmon, die Beërotiet, uit die kinders van Benjamin, want Beërot is ook by Benjamin gereken.
Afrikaans 1983 Daar was twee bendeleiers by Is-Boset. Die een se naam was Baäna en die ander s'n Rekab. Hulle was kinders van Rimmon die Beërotiet, uit die geledere van Benjamin. Beërot is vroeër by Benjamin gereken,
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Twee manne, die •aanvoerders van roofbendes, was by Saul se seun. Die een se naam was Baäna en die ander een se naam was Regab. Hulle was seuns van Rimmon, 'n man van Beërot, een van die Benjaminiete. Ja, ook Beërot word as deel van Benjamin gereken.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Is-Boset het twee offisiere gehad wat die leiers was van manne wat stede aangeval het en wat die goed in die stede gevat het. Hulle name was Baäna en Rekab, en hulle was seuns van Rimmon, 'n man van die stad Beërot. Hulle was Benjamin-mense, want Beërot was in die land Benjamin.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Daar was twee mans by Is-Boset wat altyd die strooptogte gelei het. Die een se naam was Baäna en die ander een se naam was Rekab. Hulle pa was Rimmon, ’n man van Benjamin wat van Beërot af gekom het. (Beërot het vroeër aan die Benjaminstam behoort.