2 Samuel 4:12 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En Dawid het sy jongmanne bevel gegee, en hulle het hulle gedood en hulle hande en hulle voete afgekap en hulle oor die dam in Hebron opgehang. Maar hulle het die kop van Isboset geneem en dit in die graf van Abner in Hebron begrawe. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Daarop het Dawid sy lyfwag beveel om hulle dood te maak. Hulle het hulle hande en voete afgekap en hulle liggame langs die dam by Hebron opgehang. Is-Boset se kop het hulle geneem en dit in Abner se graf in Hebron gaan begrawe. |
| Afrikaans 1933/1953 | Toe het Dawid die jongmanne bevel gegee, en die het hulle gedood en hul hande en voete afgekap en hulle opgehang by die dam in Hebron; maar die hoof van Isboset het hulle geneem en dit begrawe in die graf van Abner in Hebron. |
| Afrikaans 1983 | Toe het Dawid sy lyfwag beveel om hulle dood te maak. Hulle het hulle hande en voete afgesny en hulle by die dam van Hebron opgehang. Maar Is-Boset se kop het hulle gevat en in Abner se graf in Hebron gaan begrawe. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Dawid het die jong manne opdrag gegee, en hulle het hulle om die lewe gebring. Hulle het hulle hande en voete afgekap en hulle by die dam by Hebron opgehang. Is-Boset se kop het hulle geneem en dit in Abner se graf by Hebron gesit. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Dawid het toe vir die jongmanne gesê om die twee manne dood te maak. Die jongmanne het dit gedoen en hulle het die twee manne se hande en voete afgekap. Hulle het die manne opgehang by die dam in Hebron. Hulle het die kop van Is-Boset geneem en hulle het dit begrawe in die graf van Abner in Hebron. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Dawid het vir sy soldate gesê om hulle dood te maak. Hulle het hulle hande en voete afgekap en die twee lyke by die fontein van Hebron opgehang vir almal om te sien. Is-Boset se kop het hulle in Abner se graf in Hebron gaan neersit. |