2 Samuel 4:11 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Hoeveel te meer as goddelose mense 'n regverdige in sy huis op sy bed gedood het? Sal Ek dan nie nou sy bloed van jou hand eis en jou van die aarde af wegneem nie?
Afrikaans (NLV) 2011 Hoeveel te meer moet ek nie ook die lewe eis van bose manne wat ’n onskuldige man in sy huis op sy bed doodgemaak het nie?”
Afrikaans 1933/1953 hoeveel te meer sal ek dan nou nie, as goddelose mense 'n regverdige man in sy huis op sy bed vermoor, sy bloed van julle hand eis en julle van die aarde verdelg nie?
Afrikaans 1983 Hoeveel te meer sal ek nie, noudat skurke 'n onskuldige man op sy bed in sy huis doodgemaak het, sy moord op hulle wreek en hulle van die aarde af wegvee nie!”
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Hoeveel te meer sal ek, wanneer goddelose manne 'n regverdige man in sy huis op sy bed vermoor, nie nou sy bloed van julle hande eis en julle van die aarde af verdelg nie?”
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) En wanneer skelms 'n onskuldige man in sy huis op sy bed doodgemaak het, wat moet ek doen? Ek moet julle straf omdat julle hom vermoor het en ek moet julle wegvee van die aarde.”
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Wat dink julle gaan ek dan doen met skurke wat ’n onskuldige man in sy eie huis op sy bed vermoor? Ek gaan julle vir seker laat betaal vir sy dood en julle van die aarde af uitroei.”