2 Samuel 4:1 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En toe die seun van Saul hoor dat Abner in Hebron dood was, was sy hande slap, en al die Israeliete was ontsteld. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Toe Is-Boset hoor dat Abner in Hebron dood is, het hy sy onmag besef en die hele Israel was lam van vrees. |
| Afrikaans 1933/1953 | Toe die seun van Saul hoor dat Abner in Hebron gesterf het, het sy hande slap geword, en die hele Israel was verskrik. |
| Afrikaans 1983 | Toe Is-Boset seun van Saul verneem dat Abner in Hebron dood is, was hy tot niks in staat nie, en die hele Israel was skrikbevange. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Toe Saul se seun, Is-Boset, hoor dat Abner gesterf het in Hebron, het hy moed verloor. Die hele Israel was angsbevange. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Toe Is-Boset seun van Saul hoor dat Abner in Hebron gesterf het, het hy so geskrik dat hy niks kon doen nie, en al die mense van Israel was baie bang. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Toe Saul se seun Is-Boset hoor dat Abner in Hebron dood is, het sy moed in sy skoene gesak. Al die Israeliete was lam geskrik. |