2 Samuel 3:9 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) So doen God met Abner en meer ook, behalwe soos die HERE aan Dawid met 'n eed beloof het, so doen Ek aan hom;
Afrikaans (NLV) 2011 Mag God my straf as ek nie tog vir Dawid help om alles te kry wat die Here hom belowe het nie,
Afrikaans 1933/1953 Mag God so aan Abner doen en so daaraan toedoen, sekerlik, soos die HERE Dawid met 'n eed beloof het, net so sal ek aan hom doen
Afrikaans 1983 Mag God my om die lewe bring as ek nie nou vir Dawid gaan help om te doen wat die Here hom met 'n eed beloof het nie,
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Mag God my, Abner, swaar straf as ek nie vir Dawid presies doen wat die Here hom met 'n eed beloof het nie –
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) [9-10] Die Here het vir Dawid belowe dat hy koning sal word oor Israel en Juda, koning oor die hele land, van die stad Dan tot by die stad Berseba. God sal my straf as ek nie nou sal help om dit te laat gebeur nie. Dan sal daar nie meer 'n koning uit die familie van Saul wees nie.”
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) [9-10] God kan my maar baie swaar straf as ek nie doen wat ek nou vir jou gaan sê nie: Ék sal sorg dat die koningskap van Saul se familie af weggevat en aan Dawid gegee word soos die Here hom belowe het. Dan sal hy koning wees oor die hele Israel en Juda, van Dan in die noorde tot by Berseba in die suide.”