2 Samuel 3:39 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En ek is vandag swak, al is ek as koning gesalf; en hierdie manne, die seuns van Serúja, word te hard vir my: die HERE sal die kwaaddoener vergelde na sy boosheid.
Afrikaans (NLV) 2011 Alhoewel ek die gesalfde koning is, is ek swak, want hierdie twee seuns van Seruja is te sterk vir my. Mag die Here met die bose man afreken vir sy bose daad.”
Afrikaans 1933/1953 Maar ek is vandag swak, alhoewel ek as koning gesalf is, terwyl hierdie manne, die seuns van Seruja, harder is as ek. Mag die HERE die kwaaddoener vergelde na sy boosheid!
Afrikaans 1983 Ek is wel tot koning gesalf, maar my posisie is nog nie sterk genoeg teenoor hierdie manne, die seuns van Seruja, nie. Hulle is vir my te hard. Mag die Here daarom self die saak regstel deur die moordenaar vir sy misdaad te straf.”
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Maar ek is vandag magteloos, alhoewel ek die gesalfde koning is. Hierdie manne, die seuns van Seruja, is te gewelddadig vir my. Mag die Here die een wat kwaad doen, vergeld volgens die kwaad wat hy doen. ”
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Ek is die gesalfde koning, maar ek is swak. Hierdie manne, die seuns van Seruja, is sterker as ek. Ek bid dat die Here die skelms sal straf oor dit wat hulle gedoen het.”
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Ek is nou wel die koning, maar ek kan nog niks doen aan hierdie manne, die seuns van Seruja, nie. Hulle is nog te sterk vir my. Maar die Here sal sorg dat die een wat hierdie verkeerde ding gedoen het, sy verdiende loon kry.”