2 Samuel 3:37 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Want die hele volk en die hele Israel het daardie dag besef dat dit nie van die koning was om Abner, die seun van Ner, dood te maak nie.
Afrikaans (NLV) 2011 Toe het almal, ook die hele Israel, besef dat Dawid nie vir Abner se dood verantwoordelik was nie.
Afrikaans 1933/1953 En die hele volk en die hele Israel het dieselfde dag gemerk dat dit nie van die koning gekom het om Abner, die seun van Ner, dood te maak nie.
Afrikaans 1983 Die hele leër en die ganse Israel was toe oortuig dat die koning niks met Abner seun van Ner se dood te doen gehad het nie.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Al die manskappe en die hele Israel het daardie dag besef dat dit nie 'n opdrag van die koning was om Abner, seun van Ner, dood te maak nie.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Al die manne en al die mense van Israel het daardie dag geweet en hulle was seker dat dit nie die koning was wat vir Abner seun van Ner laat doodmaak het nie.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Almal by die begrafnis, ja, al die mense in die land het daardie dag besef die koning het niks te doen gehad met Abner se moord nie.