2 Samuel 3:34 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Jou hande was nie vasgebind en jou voete nie in boeie gesit nie; soos 'n man voor goddelose mense val, so het jy geval. En die hele volk het weer oor hom geween. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Jou hande was nie vasgemaak nie; jou voete nie in kettings nie! Nee, jy is vermoor — ’n slagoffer van bose mense.” Die hele volk het weer oor Abner gehuil. |
| Afrikaans 1933/1953 | Jou hande was nie gebind en jou voete nie aangeraak met koperkettings nie. Soos 'n mens voor kwaaddoeners val, het jy geval. En die hele volk het nog meer oor hom geween. |
| Afrikaans 1983 | Jou hande was nie geboei nie, jou voete nie met kettings gebind nie. Jy het omgekom soos een wat deur misdadigers omkom.” Toe het die leër se gehuil oor hom eens so erg geword. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Jou hande – dit was nie vasgebind nie; en jou voete – naby bronskettings het dit nie gekom nie. Soos een wat voor skurke val, het jy geval.” Toe het al die manskappe nog meer oor hom gehuil. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Niemand het jou hande vasgebind nie, niemand het jou voete vasgemaak met kettings nie, maar jy het gesterf soos iemand sterf wanneer skelms hom doodmaak.” Al die manne het weer gehuil oor Abner. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | is jou hande nie geboei, jou voete nie vasgemaak nie; is jy dood soos iemand wat deur straatboewe aangeval is. Toe die mense die lied hoor, het hulle nog meer gehuil oor Abner. |