2 Samuel 3:3 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | en sy tweede, Chileab, van Abígail, die vrou van Nabal, die Karmeliet; en die derde, Absalom, die seun van Maäga, die dogter van Talmai, die koning van Gesur; |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Die tweede was Kilab, seun van Abigajil, die weduwee van Nabal uit Karmel. Die derde was Absalom, seun van Maäka, dogter van Talmai, koning van Gesur. |
| Afrikaans 1933/1953 | en sy tweede was K¡leab, by Ab¡gail, die vrou van Nabal, die Karmeliet; en die derde was Absalom, die seun van M äga, die dogter van T lmai, die koning van Gesur; |
| Afrikaans 1983 | Sy tweede was Kilab seun van Abigajil, die weduwee van Nabal die Karmeliet. Absalom seun van Maäka, 'n dogter van koning Talmai van Gesur, was die derde, |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | die tweede was Kilab, by Abigajil, die weduwee van Nabal van Karmel; die derde was Absalom, die seun van Maäga, die dogter van Talmai, die koning van Gesur; |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Die tweede seun was Kilab, sy ma was Abigajil. Sy was voorheen die vrou van Nabal van die stad Karmel. Die derde seun was Absalom, sy ma was Maäka, die dogter van koning Talmai van Gesur. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Die tweede oudste was Kilab; sy ma was Abigajil, Nabal se weduwee van Karmel. Absalom was die derde oudste; sy ma was Maäka, ’n dogter van koning Talmai van Gesur. |