2 Samuel 3:29 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Laat dit rus op die hoof van Joab en op die hele huis van sy vader; en laat uit die huis van Joab nie ontbreek iemand wat 'n vloeiing het of wat melaats is, of wat op 'n staf steun of op die swaard val of wat brood kortkom nie. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Mag dit neerkom op die kop van Joab en sy familie. Mag sy familie in elke geslag vervloek wees deurdat hulle nooit sonder iemand sal wees wat bloei of ’n velaandoening het of wat met krukke loop of wat deur die swaard omkom of wat bedel vir kos nie!” |
| Afrikaans 1933/1953 | Mag dit losbreek op die hoof van Joab en op sy hele familie, en mag die huis van Joab nie vry wees van een wat 'n vloeiing het of wat melaats is of wat op krukke loop of wat deur die swaard val of gebrek aan brood het nie. |
| Afrikaans 1983 | Mag die straf daarvoor op Joab se kop afkom en op sy hele familie. Mag daar altyd in sy familie een wees wat bloei of melaats is of op krukke loop of deur die swaard omkom of broodsgebrek ly.” |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Mag dit neerkom op die kop van Joab en sy vader se hele familie. Mag daar in Joab se familie nooit iemand ontbreek wat 'n afskeiding of 'n velsiekte het, of 'n man wat 'n spinspoel vashou, of deur die swaard val, of broodgebrek ly nie.” |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Ek bid dat die Here vir Joab en sy hele familie sal straf oor hierdie moord. Ek bid dat daar altyd mense in die familie van Joab sal wees wat hulle doodbloei, of wat melaats is of kreupel, of wat in oorlog sterf of wat honger ly.” |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Joab en sy hele familie sal daarvoor betaal: daar sal altyd van sy familielede wees wat vuilsiekte of ’n velsiekte het, of wat met krukke loop of doodgesteek word of honger ly.” ( |