2 Samuel 3:27 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En toe Abner na Hebron teruggekeer het, het Joab hom in die poort eenkant toe geneem om rustig met hom te praat en hom daar onder die vyfde rib geslaan, sodat hy gesterf het weens die bloed van sy broer Asahel.
Afrikaans (NLV) 2011 Toe Abner terug is by Hebron, neem Joab hom eenkant na die poort toe asof hy vertroulik met hom wou praat. Toe pluk hy sy dolk uit en steek hom in die maag sodat hy sterf. Dit het hy gedoen uit weerwraak omdat Abner sy broer Asael doodgemaak het.
Afrikaans 1933/1953 Toe Abner dan in Hebron terugkom, het Joab hom eenkant toe gelei in die middel van die poort om vertroulik met hom te praat en hom daar in die onderlyf gesteek, sodat hy gesterf het, oor die bloed van sy broer Asahel.
Afrikaans 1983 Abner het teruggekom na Hebron toe, en Joab het hom na die poort se kant toe weggelei asof hy vertroulik met hom wou praat. Uit weerwraak oor die dood van sy broer Asael het Joab hom toe net daar in die maag gesteek, sodat hy gesterf het.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Toe Abner na Hebron terugkeer, het Joab hom eenkant toe geneem in die stadspoort om vertroulik met hom te praat. Daar het hy hom in die maag gesteek. Hy het gesterf oor die bloed van Asael, Joab se broer.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Toe Abner terugkom in Hebron, het Joab hom eenkant toe geneem in die poort. Hy het gesê hy wil alleen met Abner praat. Maar toe steek Joab vir Abner in sy maag omdat Abner vir Asael, Joab se broer, doodgemaak het. Abner het gesterf.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Toe hy in Hebron kom, het Joab hom eenkant toe in die poort van die dorp gevat om kamma vertroulik met hom te praat. Maar net daar het Joab hom met ’n mes in die maag gesteek. Hy is op die plek dood. Joab het dit gedoen om sy broer Asael se dood te wreek.