2 Samuel 3:24 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Toe kom Joab na die koning en sê: Wat het jy gedoen? kyk, Abner het na jou gekom; waarom het jy hom weggestuur, en hy is heeltemal weg?
Afrikaans (NLV) 2011 haas hy hom na die koning toe. “Wat het u nou gedoen?” vra hy. “Wat het u besiel om Abner te laat wegkom?
Afrikaans 1933/1953 Daarop kom Joab by die koning en sê: Wat het u gedoen? Kyk, Abner het by u gekom; waarom het u hom tog laat loop, dat hy somaar weggegaan het?
Afrikaans 1983 Joab het na die koning toe gegaan en gesê: “Wat het u nou aangevang? Hier kom Abner na u toe, en u laat hom weer loop?
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Joab gaan toe na die koning en sê: “Wat het jy gedoen? Abner het sowaar na jou toe gekom; waarom het jy hom dan laat gaan? Hy het nou weggekom.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Joab het na die koning toe gegaan en hy het vir hom gevra: “Wat het jy gedoen? Abner het hier by jou aangekom, en jy het gesê hy mag gaan. Hoekom?
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Joab is dadelik na die koning toe. “Wat het jy nou aangevang?” vra hy vir Dawid. “Abner kom hier na jou toe en jy laat hom sowaar gaan sonder om enigiets aan hom te doen!