2 Samuel 3:23 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Toe Joab en die hele leër wat by hom was, aankom, het hulle vir Joab meegedeel en gesê: Abner, die seun van Ner, het na die koning gekom, en hy het hom weggestuur, en hy het in vrede weggegaan. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Toe Joab hoor dat Abner die koning besoek het en dat hy ongedeerd daar weg is, |
| Afrikaans 1933/1953 | Toe Joab en die hele kommando wat saam met hom was, tuis kom, deel hulle aan Joab mee en sê: Abner, die seun van Ner, het na die koning gekom, en die het hom laat gaan, en hy het in vrede vertrek. |
| Afrikaans 1983 | Dit was toe dat Joab en al sy soldate tuis gekom het en daar vir hom gesê is: “Abner seun van Ner het by die koning gekom, en hy het hom ongehinderd laat vertrek.” |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Toe Joab en die hele leër wat by hom was, daar aankom, het die mense vir Joab vertel: “Abner, seun van Ner, het na die koning toe gekom, maar die koning het hom laat gaan, en hy is in vrede hier weg.” |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Toe Joab en al sy manne in Hebron kom, het iemand vir Joab gesê: “Abner seun van Ner was hier by die koning, en die koning het hom laat gaan en niemand het hom probeer keer nie.” |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Toe hulle daar aankom, vertel die mense vir Joab dat Abner, Ner se seun, by die koning was en dat die koning hom laat gaan het sonder om iets aan hom te doen. |