2 Samuel 3:22 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En kyk, die dienaars van Dawid en Joab het gekom van die agtervolging van 'n bende en het 'n groot buit saam met hulle ingebring, maar Abner was nie by Dawid in Hebron nie; want hy het hom weggestuur, en hy het in vrede weggegaan.
Afrikaans (NLV) 2011 Kort nadat Abner ongehinderd daar weg is, kom Joab en Dawid se manskappe met baie buit terug van ’n rooftog.
Afrikaans 1933/1953 Intussen kom die dienaars van Dawid en Joab juis van 'n rooftog af, en hulle bring 'n groot buit met hulle saam. Maar Abner was nie meer by Dawid in Hebron nie, want die het hom laat gaan, en hy het in vrede vertrek.
Afrikaans 1983 En toe gebeur die onvoorsiene! Joab en die soldate van Dawid het net van 'n rooftog af teruggekom en 'n groot buit saamgebring. Abner was toe nie meer by Dawid in Hebron nie: Abner het met die instemming van die koning ongehinderd vertrek.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Juis toe het Joab en die volgelinge van Dawid teruggekom van 'n strooptog af. Hulle het baie buit met hulle saamgebring. Abner was toe nie meer by Dawid in Hebron nie, want Dawid het hom weggestuur, en hy het in vrede vertrek.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Maar Joab en die manne van Dawid het vyande gaan aanval, en hulle kom toe in hierdie tyd terug. Hulle het baie goed saamgebring wat hulle gevat het. Abner was toe nie meer in Hebron nie, want Dawid het hom laat gaan en niemand het hom probeer keer nie.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Net nadat Abner so sonder dat iets aan hom gedoen is, weg is uit Hebron, het Joab saam met Dawid se soldate daar aangekom. Hulle was weer op ’n strooptog en het sommer baie goed by hulle gehad.