2 Samuel 3:20 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Abner het toe na Dawid in Hebron gekom, en twintig man saam met hom. En Dawid het vir Abner en die manne wat by hom was 'n maaltyd berei. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Abner het saam met twintig man in Hebron aangekom, en Dawid het hulle op ’n fees onthaal. |
| Afrikaans 1933/1953 | Toe Abner by Dawid in Hebron kom, en twintig man saam met hom, het Dawid vir Abner en die manne wat by hom was, 'n maaltyd aangerig. |
| Afrikaans 1983 | Vervolgens het Abner saam met twintig man na Dawid toe gegaan in Hebron, en Dawid het vir hulle 'n eetmaal aangebied. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Abner het by Dawid in Hebron aangekom met twintig man by hom. Dawid het vir Abner en die manne wat by hom was, 'n feesmaal voorberei. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Abner het by Dawid in Hebron gekom, en daar was twintig manne saam met hom. Dawid het 'n groot ete gegee vir Abner en die manne by hom. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Abner het in Hebron by Dawid aangekom met twintig manne saam met hom. Dawid het vir hom en sy manne ’n groot ete reggemaak. |