2 Samuel 3:18 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Doen dit dan nou, want die HERE het van Dawid gespreek en gesê: Deur die hand van my kneg Dawid sal Ek my volk Israel verlos uit die hand van die Filistyne en uit die hand van al hulle vyande.
Afrikaans (NLV) 2011 Die tyd is nou ryp daarvoor, want die Here het gesê: ‘Ek het Dawid my dienaar gekies om my volk Israel van die mag van die Filistyne en die mag van al sy vyande te verlos.’”
Afrikaans 1933/1953 Voer dit dan nou uit, want die HERE het van Dawid gespreek en gesê: Deur die hand van my kneg Dawid sal Ek my volk Israel uit die hand van die Filistyne en uit die hand van al hulle vyande verlos.
Afrikaans 1983 Doen dit nou, want die Here het vir Dawid gesê: Deur my dienaar Dawid sal Ek my volk Israel red uit die mag van die Filistyne en van al sy vyande.”
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Tree dan nou op, want die Here het aan Dawid gesê, ‘Deur die hand van my dienskneg Dawid sal Ek my volk Israel verlos uit die hand van die Filistyne en uit die hand van al hulle vyande.’ ”
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) “Ek sal my volk Israel red van die Filistyne, van al hulle vyande. My dienaar Dawid sal dit doen.”
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Dis nóú julle kans! Onthou, die Here het gesê Hy gaan Dawid gebruik om sy volk, die Israeliete, vry te maak van die Filistyne en van al hulle ander vyande.”