2 Samuel 3:14 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Dawid het toe boodskappers gestuur na Isboset, die seun van Saul, om te sê: Bevry my vrou Migal wat ek aan my verloof het vir honderd voorhuide van die Filistyne.
Afrikaans (NLV) 2011 Dawid het toe ook die volgende boodskap aan Is-Boset, Saul se seun, gestuur: “Gee my vrou Mikal terug. Om met haar te trou, moes ek die voorhuide van 100 Filistyne lewer.”
Afrikaans 1933/1953 Dawid het ook boodskappers gestuur na Isboset, die seun van Saul, om te sê: Gee my vrou Migal met wie ek my verloof het vir honderd voorhuide van die Filistyne.
Afrikaans 1983 Dawid het ook boodskappers na Saul se seun Is-Boset toe gestuur om te sê: “Gee my vrou Mikal terug wat ek as vrou verkry het in ruil vir honderd Filistynse voorhuide.”
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Dawid het toe boodskappers na Is-Boset, Saul se seun, gestuur om vir hom te sê: “Oorhandig my vrou, Migal, wat ek met honderd voorhuide van Filistyne vir my as verloofde verkry het.”
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Dawid het ook vir Is-Boset 'n boodskap gestuur en gesê: “Jy moet my vrou Mikal vir my teruggee. Ek het 100 Filistyne doodgemaak om haar te kry.”
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Dawid stuur toe ook ’n boodskap vir Is-Boset, Saul se seun: “Gee my vrou Mikal vir my terug. Sy is my wettige vrou; ek het vir haar met die voorhuide van 100 Filistyne betaal.”