2 Samuel 3:12 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En Abner het boodskappers na Dawid namens hom gestuur om te sê: Wie s'n is die land? en sê ook: Sluit jou verbond met my, en kyk, my hand sal met jou wees om die hele Israel na jou te bring.
Afrikaans (NLV) 2011 Toe stuur Abner boodskappers na Dawid toe en sê: “Aan wie behoort die land? Kom ons sluit ’n ooreenkoms, en ek sal die hele Israel na u toe oorhaal.”
Afrikaans 1933/1953 Daarop het Abner boodskappers na Dawid in sy plek gestuur om te sê: Aan wie behoort die land? en: Sluit u verbond met my; en kyk, my hand sal met u wees om die hele Israel na u toe oor te bring.
Afrikaans 1983 Hierna het Abner boodskappers na Dawid toe gestuur om te sê: “Behoort die land nie aan u nie? Sluit tog 'n ooreenkoms met my en u sal sien dat ek by u staan deur die hele Israel na u kant toe oor te haal.”
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Abner het daarna boodskappers na Dawid gestuur om namens hom te vra, “Aan wie behoort die land eintlik?” en ook om te sê: “Sluit 'n ooreenkoms met my; kyk, dan sal ek met jou saamwerk om die hele Israel na jou oor te haal.”
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Abner het dadelik vir Dawid 'n boodskap gestuur en gesê: “Die hele land behoort aan jou. As jy 'n ooreenkoms maak met my, dan sal ek jou help om koning te word oor die hele Israel.”
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Abner het mense na Dawid gestuur om vir hom te gaan sê: “Eintlik behoort die land aan jou. As jy met my ’n ooreenkoms maak, sal ek sorg dat al die Israeliete jou kant kies.”