2 Samuel 24:9 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En Joab het die som van die getal van die volk aan die koning oorgegee, en daar was in Israel agt honderd duisend dapper manne wat die swaard uittrek; en die manne van Juda was vyf honderd duisend man. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Joab het aan die koning verslag gedoen oor die sensus. Daar was 800 000 manne van weerbare ouderdom in Israel en 500 000 in Juda. |
| Afrikaans 1933/1953 | En Joab het die getal van die getelde volk aan die koning gegee; en Israel was agt honderd duisend weerbare manne wat die swaard uittrek, en die manne van Juda vyf honderd duisend man. |
| Afrikaans 1983 | en Joab het die uitslag van die telling aan die koning gegee. Israel was ag honderd duisend weerbare man wat kon oorlog maak en Juda vyf honderd duisend. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Joab het die getal van die manskappe waarvan 'n opname gemaak is, aan die koning oorhandig: In Israel was daar agthonderdduisend weerbare manne gewapen met swaarde, en die weerbare manne van Juda was vyfhonderdduisend man. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Joab het vir die koning gesê hoeveel mense daar was. Daar was 800 000 manne van Israel wat oorlog kon maak, en daar was 500 000 manne van Juda. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Joab het die getal van die manne wat kon veg, vir die koning gegee: daar was 800 000 in Israel en 500 000 in Juda. |