2 Samuel 24:7 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En hulle het by die vesting Tirus gekom en by al die stede van die Hewiete en Kanaäniete, en hulle het uitgetrek na die suide van Juda, tot by Berséba. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Daarna het hulle by die vesting van Tirus en al die stede van die Hewiete en Kanaäniete langs gekom. Toe het hulle na die suide van Juda, so ver as Berseba, gegaan. |
| Afrikaans 1933/1953 | En hulle het gekom by die vesting Tirus en al die stede van die Hewiete en Kanaäniete, en hulle het uitgekom in die suide van Juda in Bers,ba. |
| Afrikaans 1983 | waarna hulle by die vesting Tirus en al die stede van die Hewiete en Kanaäniete gekom het. Toe is hulle af na Berseba toe in die suide van Juda. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Toe het hulle by die versterkte stad Tirus aangekom, en ook by al die dorpe van die Hewiete en Kanaäniete, en daarna uitbeweeg na die suide van Juda by Berseba. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Daarna het hulle gekom by Tirus, die stad wat sterk mure het, en by al die stede van die Hewiete en Kanaäniete, en toe het hulle deur die Suid-land van Juda gegaan tot by die stad Berseba. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Hulle is suid na Tirus, die stad met die muur om, en van daar af is hulle na al die dorpe van die Hewiete en Kanaäniete. Hulle is by al die dorpe langs tot in die suide van Juda by Berseba. |