2 Samuel 24:5 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En hulle het deur die Jordaan getrek en laer opgeslaan in Aroër, aan die regterkant van die stad wat in die middel van die Gadrivier lê, en na Jaser toe. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Hulle het deur die Jordaanrivier gegaan en begin by Aroër suid van die dorp by die droë waterloop. Daarvandaan is hulle na Gad en Jaeser toe. |
| Afrikaans 1933/1953 | En hulle het deur die Jordaan gegaan en laer opgeslaan by Aroër, regs van die stad wat binne-in die dal van Gad lê, en tot by Ja,ser. |
| Afrikaans 1983 | Hulle het deur die Jordaan gegaan en by Aroër suid van die stad by die spruit begin. Daarvandaan is hulle na Gad en Jaeser toe |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Hulle het die Jordaan oorgesteek en kamp opgeslaan by Aroër, suid van die dorp in die middel van die dal Gad, aan die kant van Jaeser. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Hulle het oor die Jordaan-rivier gegaan en hulle het hulle tente opgeslaan naby die stad Aroër, suid van die stad wat in die vallei is. Daarna het hulle deur die land Gad gegaan en ook deur Jaser. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Hulle het oor die Jordaanrivier gegaan en by die spruit suid van die dorp Aroër begin tel. Daarna is hulle na Gad en Jaeser toe. |