2 Samuel 24:4 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Maar die woord van die koning het die oorhand gekry oor Joab en die leërowerstes. En Joab en die leërowerstes het van die koning af weggetrek om die volk Israel te tel.
Afrikaans (NLV) 2011 Die koning het egter Joab en sy offisiere verplig. Hulle het toe gegaan om die volk Israel te gaan tel.
Afrikaans 1933/1953 Maar die woord van die koning het die oorhand gehad oor Joab en die leërowerstes, en Joab het met die leërowerstes van die koning af uitgegaan om die volk Israel te tel.
Afrikaans 1983 Toe die koning egter vir Joab en die leëroffisiere nadruklik so beveel, is hulle van hom af weg om die volk te tel.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Die koning se woord het egter meer gewig gedra as dié van Joab en die leëraanvoerders, en Joab en die leëraanvoerders het van die koning af uitgegaan om 'n opname te maak van die manskappe in Israel.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Maar die koning het gesê Joab en die offisiere móét dit doen, en hulle moes doen wat die koning gesê het. Hulle het weggegaan van die koning om die volk Israel te tel.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Maar die koning het Joab en die ander offisiere van die weermag doodgepraat. Hulle het toe van die paleis af gegaan om die sensus te gaan hou.