2 Samuel 24:3 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Toe sê Joab vir die koning: Nou moet die HERE jou God honderdvoudig by die volk voeg, hoeveel hulle ook al is, en dat die oë van my heer die koning dit kan sien; maar waarom het my heer die koning behae in hierdie saak?
Afrikaans (NLV) 2011 Maar Joab het die koning geantwoord: “Mag die Here u God in u leeftyd nog die volk honderd maal meer maak as nou! Maar watter bevrediging kan dit u verskaf?”
Afrikaans 1933/1953 En Joab het aan die koning gesê: Ja, mag die HERE u God by die volk honderd maal meer byvoeg as wat hulle ook al is, en die oë van my heer die koning dit sien; maar waarom het my heer die koning behae in hierdie saak?
Afrikaans 1983 Joab het die koning geantwoord: “Selfs al sou die Here u God die volk honderd maal laat vermeerder en die koning sien dit self, watter genot sou dit u verskaf?”
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Maar Joab het vir die koning gesê: “Mag die Here u God by die manskappe nog 'n honderd maal soveel byvoeg as wat hulle is, terwyl my heer die koning dit sien! Maar, my heer die koning, waarom wil u dit so graag doen?”
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Joab het vir die koning gesê: “Ek wens jou God die Here maak die volk 100 maal meer as wat hulle is. Ek wens dat die koning self sal sien dat dit so is. Maar, Meneer die koning, hoekom wil jy hierdie ding doen?”
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Joab het die koning geantwoord: “Kyk, ek hoop die Here u God maak die manskappe ’n honderd maal meer as wat hulle alreeds is, en ek hoop dit gebeur nog in u leeftyd; maar U Majesteit, hoekom wil u ’n sensus hou?”