2 Samuel 24:25 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En Dawid het daar 'n altaar vir die HERE gebou en brandoffers en dankoffers gebring. So het die HERE dan vir die land gebid, en die plaag is van Israel afgeweer. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Dawid het daar ’n altaar opgerig tot eer van die Here en brandoffers en maaltydoffers gebring. Daarna het die Here die gebede vir die land verhoor, en die plaag in Israel het opgehou. |
| Afrikaans 1933/1953 | Toe het Dawid daar vir die HERE 'n altaar gebou en brandoffers en dankoffers gebring; en die HERE het Hom oor die land ontferm, en die plaag is van Israel afgewend. |
| Afrikaans 1983 | Hy het net daar 'n altaar vir die Here gebou en brandoffers en maaltydoffers gebring. Hierna het die Here weer die gebede vir die land verhoor, en die plaag is uit Israel weggeneem. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Dawid het daar vir die Here 'n altaar gebou en brandoffers en •maaltydoffers gebring. Die Here het toe die smeekbedes vir die land verhoor, en die plaag is van Israel afgewend. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Dawid het daar 'n altaar vir die Here gebou en hy het brand-offers en ete-offers gebring. Die Here het sy offers vir die land aanvaar, en die mense van Israel het opgehou sterf. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Dawid het daar vir die Here ’n altaar gebou en offerdiere geslag. Party het hy heeltemal verbrand en die ander is vir die heilige ete gaargemaak. Die Here het toe die mense se gebede beantwoord en die pessiekte laat ophou. |