2 Samuel 24:23 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Al hierdie dinge het Arauna as 'n koning aan die koning gegee. En Arauna sê aan die koning: Die HERE jou God het jou aangeneem. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Ek, Arauna, gee dit alles vir die koning. Mag die Here u God u offer aanvaar.” |
| Afrikaans 1933/1953 | Dit gee Arauna alles, o koning, aan die koning. Verder het Arauna aan die koning gesê: Mag die HERE u God 'n behae in u hê. |
| Afrikaans 1983 | U Majesteit, Arauna gee dit alles aan die koning. Mag die Here u God u offer aanneem.” |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Dit alles, o koning, skenk Arauna aan die koning.” Arauna het ook vir die koning gesê: “Mag die Here u God u aanvaar!” |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Koning, ek gee dit alles vir jou.” |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | U Majesteit, Arauna gee dit alles vir u. En mag die Here u offer aanvaar.” |