2 Samuel 24:21 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En Arauna sê: Waarom het my heer die koning na sy dienaar gekom? En Dawid het gesê: Om vir jou die dorsvloer te koop, om vir die HERE 'n altaar te bou, sodat die plaag van die volk teruggehou kan word. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | “Hoekom kom my heer na sy dienaar toe?” vra Arauna. Dawid het geantwoord: “Ek het gekom om jou dorsvloer te koop om daar ’n altaar vir die Here te bou sodat die Here die plaag kan stop.” |
| Afrikaans 1933/1953 | En Arauna het gesê: Waarom kom my heer die koning na sy dienaar? Daarop sê Dawid: Om die dorsvloer van jou te koop, om vir die HERE 'n altaar te bou, sodat die plaag onder die volk kan ophou. |
| Afrikaans 1983 | “Waarom kom die koning na sy dienaar toe?” vra Arauna. “Om die dorsvloer van jou te koop en 'n altaar vir die Here daarop te bou, sodat die plaag van die volk af weggeneem kan word,” antwoord Dawid. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Arauna sê toe: “Waarom kom my heer die koning na sy dienaar?” Daarop antwoord Dawid: “Om die dorsvloer by jou te koop, om vir die Here 'n altaar te bou, sodat die plaag van die manskappe afgewend kan word.” |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Hy het gevra: “Hoekom kom Meneer die koning na my toe?” Dawid het gesê: “Ek kom om jou dorsvloer te koop. Ek moet vir die Here 'n altaar bou sodat die mense kan ophou sterf.” |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Arauna vra toe: “U Majesteit, waarom kom u na my toe?” “Ek wil jou dorsvloer koop om vir die Here ’n altaar te bou,” sê Dawid vir hom, “sodat die pessiekte wat die mense doodmaak, kan ophou.” |