2 Samuel 24:20 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En Arauna het gekyk en die koning en sy dienaars na hom sien aankom; en Arauna het uitgegaan en voor die koning gebuig met sy aangesig op die grond. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Toe Arauna sien dat die koning en sy amptenare na hom toe kom, het hy hom tegemoetgegaan en diep voor die koning gebuig. |
| Afrikaans 1933/1953 | Toe Arauna opkyk en die koning met sy dienaars na hom sien oorkom, het Arauna uitgegaan en hom voor die koning met sy aangesig na die aarde gebuig. |
| Afrikaans 1983 | Toe Arauna afkyk en die koning en sy amptenare na hom toe sien aankom, gaan hy uit en buig diep voor die koning. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | en toe Arauna afkyk en die koning en sy dienaars na hom sien aankom, het hy uitgegaan en voor die koning diep neergebuig met sy gesig teen die grond. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Arauna het gekyk en gesien die koning en sy amptenare kom na hom toe. Arauna het uitgegaan en hy het voor die koning gebuig met sy gesig teen die grond. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Toe Arauna afkyk en sien die koning en sy amptenare is op pad na hom toe, het hy gegaan en met sy gesig teen die grond voor die koning gebuig. |