2 Samuel 24:2 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Want die koning het aan Joab, die leërowerste, wat by hom was, gesê: Gaan nou deur al die stamme van Israel, van Dan tot Berséba, en tel die volk, dat ek die getal van die volk kan weet. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Die koning sê toe vir Joab, bevelvoerder van die leër: “Gaan deur die hele land, van Dan in die noorde tot Berseba in die suide, en tel die volk. Ek wil weet hoeveel mense daar is.” |
| Afrikaans 1933/1953 | Toe sê die koning vir Joab, die leërowerste, wat by hom was: Trek tog rond onder al die stamme van Israel, van Dan tot Bers,ba, en tel julle die volk, sodat ek die getal van die volk kan weet. |
| Afrikaans 1983 | Die koning het vir Joab, die hoof van die leër, wat by hom was, gesê: “Trek rond deur al die Israelitiese stamme van die noorde tot die suide en tel die volk. Ek wil weet hoeveel hulle is.” |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Toe sê die koning vir Joab, die leëraanvoerder wat by hom was: “Gaan rond onder al die stamme van Israel, van Dan tot Berseba, en maak 'n opname van die manskappe, sodat ek kan weet hoeveel manskappe daar is.” |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Die koning het toe vir Joab, die hoof van die leër, gesê: “Jy moet asseblief deur al die stamme van Israel gaan, van die stad Dan tot by die stad Berseba, en jy moet die mense tel. Ek wil weet hoeveel hulle is.” |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Die koning het vir Joab, sy groot generaal, gesê: “Gaan by al die stamme van Israel langs, van Dan in die noorde tot by Berseba in die suide, en skryf al die manskappe op. Ek wil weet hoeveel is daar wat kan veg.” |