2 Samuel 24:18 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En Gad het daardie dag by Dawid gekom en vir hom gesê: Gaan op, bou vir die HERE 'n altaar op op die dorsvloer van Arauna, die Jebusiet. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Nog daardie dag kom Gad na Dawid toe en sê vir hom: “Gaan bou ’n altaar vir die Here op die dorsvloer van Arauna die Jebusiet.” |
| Afrikaans 1933/1953 | Daarop kom Gad dieselfde dag by Dawid en sê vir hom: Gaan op, bou vir die HERE 'n altaar op die dorsvloer van Arauna, die Jebusiet. |
| Afrikaans 1983 | Gad het daardie dag na Dawid toe gekom en vir hom gesê: “Gaan op en bou vir die Here 'n altaar op die dorsvloer van Arauna die Jebusiet.” |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Gad het dieselfde dag nog by Dawid gekom en vir hom gesê: “Gaan op na die dorsvloer van Arauna, die Jebusiet, en rig vir die Here daar 'n altaar op.” |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Gad het daardie dag by Dawid gekom en vir hom gesê: “Jy moet gaan en jy moet vir die Here 'n altaar bou op die dorsvloer van die Jebusiet Arauna.” |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Gad het dieselfde dag na Dawid toe gekom en gesê: “Gaan bou ’n altaar vir die Here op daardie klipplaat waar Arauna die Jebusiet sy koring dors.” |