2 Samuel 24:17 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En Dawid het met die HERE gespreek toe hy die engel sien wat die volk slaan, en gesê: Kyk, ek het gesondig en ek het goddeloos gedoen; maar hierdie skape, wat het hulle gedoen? laat u hand tog teen my en teen die huis van my vader wees. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Toe Dawid die engel sien wat die mense tref, sê hy vir die Here: “Ek is die een wat gesondig het. Dis ek wat oortree het. Maar hierdie arme mense is onskuldig. Wat het hulle gedoen? Laat u hand eerder teen my en my familie wees!” |
| Afrikaans 1933/1953 | Toe Dawid sien hoe die engel onder die volk doodslaan, het hy tot die HERE gespreek en gesê: Kyk,,k het gesondig, en,k het verkeerd gehandel, maar wat het hierdie skape gedoen? Laat u hand tog teen my wees en teen my familie. |
| Afrikaans 1983 | Terwyl Dawid die engel sien wat die volk tref, sê hy vir die Here: “Dit is ék wat gesondig het. Ja, ék het oortree. Wat het hierdie arme mense gedoen? Tree liewer op teen my en my familie.” |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Dawid het met die Here gepraat toe hy die engel sien wat die manskappe tref. Hy het gesê: “Kyk, ek is die een wat gesondig het, ek is die een wat afgedwaal het. Hierdie manne is maar kleinvee. Wat het hulle gedoen? Laat u hand asseblief teen my en my familie wees.” |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Toe Dawid die engel sien wat die mense laat sterf, het hy vir die Here gesê: “Dit is ék wat sonde gedoen het, dit is ék wat verkeerd gedoen het. Wat het hierdie mense verkeerd gedoen? Niks. U moet mý en my familie straf.” |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Toe Dawid sien hoe die engel die mense platslaan, sê hy vir die Here: “Dis ék wat gesondig het. Dis ék wat verkeerd gedoen het. Hierdie arme mense verdien dit nie om soos skape geslag te word nie. Straf my en my familie liewer.” |