2 Samuel 24:15 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Toe het die HERE 'n pes oor Israel gestuur van die môre af tot op die vasgestelde tyd; |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Die Here stuur toe daardie oggend ’n pes oor Israel wat tot op die bestemde tyd geduur het. Oor die hele land, van Dan in die noorde tot Berseba in die suide, het 70 000 mense gesterf. |
| Afrikaans 1933/1953 | En die HERE het 'n pes onder Israel beskik van die môre af tot op die bepaalde tyd, en van Dan tot Bers,ba het daar van die volk sewentig duisend man gesterwe. |
| Afrikaans 1983 | Daarna het die Here 'n pes van die oggend af tot die aand onder Israel ingestuur. Van die noorde tot die suide het daar sewentig duisend gesterf. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Die Here het toe 'n pessiekte in Israel beskik, van die oggend af tot die vasgestelde tyd. Van Dan tot Berseba het sewentigduisend man gesterf. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Die Here het pes laat kom in die land Israel van die oggend tot die tyd wat Hy gesê het. Daar het 70 000 mense gesterf, van die stad Dan tot by die stad Berseba. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Die Here het daardie môre ’n pessiekte in Israel laat uitbreek wat vir drie dae aangehou het. In die hele land is daar 70 000 mense dood. |