2 Samuel 24:14 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Toe sê Dawid vir Gad: Ek is in 'n groot benoudheid; laat ons nou in die hand van die HERE val; want sy barmhartighede is groot, en laat my nie in die hand van mense val nie. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | “Ek is in ’n hoek gedryf!” sê Dawid vir Gad. “Laat ek liewer in die hande van die Here val, want sy genade is groot. Moenie dat ek in die hande van mense val nie.” |
| Afrikaans 1933/1953 | Daarop sê Dawid vir Gad: Ek is baie benoud; laat ons tog val in die hand van die HERE, want sy barmhartighede is groot, maar laat my in die hand van mense nie val nie. |
| Afrikaans 1983 | Dawid het vir Gad geantwoord: “Ek is in 'n hoek gedryf. Laat my liewer in die hand van die Here val, want sy genade is groot. Ek wil nie in die hand van 'n mens val nie.” |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Toe sê Dawid vir Gad: “Ek is baie benoud. Mag ons tog in die hand van die Here val, want groot is sy ontferming. Maar mag ek nie in die hande van mense val nie.” |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Dawid het vir Gad gesê: “Ek het 'n groot probleem. Die Here moet met my doen wat Hy besluit, want Hy is baie genadig, maar Hy moenie my vir mense gee sodat hulle met my kan doen wat hulle wil nie.” |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Dawid het vir Gad gesê: “Ek is diep in die moeilikheid! Al wat ek kan sê, is: ek wil nie aan mense uitgelewer wees nie. Laat ons liewer aan die Here uitgelewer wees, want Hy sal ons jammer kry.” |