2 Samuel 24:13 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Toe kom Gad na Dawid en vertel hom en sê vir hom: Sal daar sewe jaar van hongersnood oor jou kom in jou land? Of sal jy drie maande voor jou vyande vlug terwyl hulle jou agtervolg? of dat daar drie dae pes in jou land is? gee nou raad en kyk watter antwoord ek sal gee aan hom wat my gestuur het.
Afrikaans (NLV) 2011 Gad het toe na Dawid toe gegaan en gevra: “Wat sal jy verkies? Drie jaar hongersnood in jou land, drie maande vlug voor jou vyande uit terwyl hulle jou agtervolg, of drie dae pes in jou land? Dink hieroor en laat my weet wat om die Here te antwoord.”
Afrikaans 1933/1953 toe het Gad by Dawid gekom en dit aan hom bekend gemaak en aan hom gesê: Wil jy dat daar sewe jaar lank hongersnood in jou land kom, of wil jy drie maande lank vlug voor jou teëstanders uit dat hulle jou agtervolg, of moet daar drie dae lank pes wees in jou land? Ondersoek nou en sien watter antwoord ek my Sender moet bring.
Afrikaans 1983 Gad het toe vir Dawid die boodskap gebring: “Wat wil jy liewer hê? Sewe jaar hongersnood in jou land, of drie maande waarin jy voor jou teenstanders vlug en hulle jou agtervolg, of drie dae lank pes in jou land? Oorweeg nou goed hoe ek Hom wat my gestuur het, moet antwoord.”
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Gad het by Dawid gekom en hom dit meegedeel. Hy het vir hom gesê: “Moet daar sewe jaar hongersnood oor jou in jou land kom; of moet jy drie maande lank op die vlug wees voor jou teenstanders, terwyl hulle jou agtervolg; of moet daar drie dae lank pessiekte wees in jou land? Oorweeg dit en kyk watter antwoord ek moet terugneem na Hom wat my gestuur het.”
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Gad het na Dawid toe gegaan en hy het vir Dawid die boodskap gebring en gesê: “Wil jy hê daar moet sewe jaar lank hongersnood wees in jou land, of wil jy drie maande lank vlug vir jou vyande wat jou volg en jaag, of wil jy hê daar moet drie dae lank pes wees in jou land? Jy moet besluit en vir my sê wat ek moet sê vir Hom wat my gestuur het.”
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) ***