2 Samuel 24:12 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Gaan sê vir Dawid: So spreek die HERE: Ek bied jou drie dinge; kies vir jou een van hulle, dat ek dit aan jou kan doen.
Afrikaans (NLV) 2011 “Gaan sê vir Dawid: ‘Dit is wat die Here sê: Ek gee jou drie keuses. Kies een van die volgende strawwe en Ek sal dit laat gebeur.’”
Afrikaans 1933/1953 Gaan heen en spreek met Dawid: So sê die HERE: Drie dinge lê Ek jou voor; kies vir jou een daaruit, dat Ek jou dit kan aandoen --
Afrikaans 1983 “Gaan sê vir Dawid: So het die Here gesê: Ek lê drie dinge aan jou voor. Kies vir jou een daarvan, dan sal Ek dit laat gebeur.”
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) “Gaan sê vir Dawid, ‘So sê die Here: “Drie moontlikhede lê Ek aan jou voor; kies vir jou een daarvan, sodat Ek dit aan jou kan doen.” ’ ”
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) “Jy moet vir Dawid gaan sê Ek sê: Dawid, Ek noem drie dinge vir jou. Jy moet een kies, dan sal Ek dit met jou laat gebeur.”
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) [12-13] Hierdie keer moes hy vir Dawid gaan sê: “Die Here sê jy kan kies wat Hy met jou moet doen: moet daar drie jaar hongersnood wees in jou land, of wil jy drie maande vlug vir jou vyande, of moet daar vir drie dae ’n pessiekte in jou land wees? Dink mooi daaroor, dan sê jy vir my wat ek vir die Here moet gaan sê.”